KYK: Man in uniform slaan motorbestuurder deur die gesig

Deel hierdie storie / Share this story

NOORDWES. – ‘n Video waarin ‘n man in ‘n uniform van ‘n verkeersbeampte ‘n motorbestuurder deur die gesig slaan, is sedert die naweek oral op sosiale media gedeel.

Dit is nog nie bekend wat tot die voorval gelei het nie. Die video begin met die motoris se deur wat oop is. Die man in uniform haal iets uit die motor, slaan die man deur die gesig en gil dan iets in Zulu. Daarna word die motor se deur toegemaak. Dit lyk daarna of die man in die uniform ‘n vuurwapen uithaal.

Motorbestuurder jaag weg na man hom slaan

Die motorbestuurder jaag dan weg. Die video is geneem deur ‘n passasier wat voor langs die bestuurder gesit het.

Nomsa Masekop, ‘n joernalis, het die video op haar Twitter-profiel gedeel. Mbalula Fikile, minister van vervoer, het ook die video op Twitter gesien en kommentaar op Masekop se inskrywing gelewer. Fikikle het in die kommentaar van die video die details van die motorbestuurder versoek.

FiND iT het ook navraag by die minister van vervoer gedoen en wag op terugvoer.

LEES OOK: Pa en seun doodgeskiet na ‘padwoede-voorval’

LEES OOK: WSU-student (23) val na sy dood

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.