September 16, 2021

Ma red baba se lewe met vaardighede wat sy in hospitaal geleer het

Ma red kind se lewe met vaardighede in hospitaal geleer.

Ma red kind se lewe met vaardighede in hospitaal geleer. (Foto: IOL)

KAAPSTAD. – Die ma, wat ‘n voormalige pasiënt by die Tygerberg-hospitaal was, het haar kind se lewe gered met vaardighede wat sy geleer het terwyl sy in die hospitaal opgeneem was.

Volgens The South African was Portia Marcus en haar prematuur baba slegs ‘n maand by die huis toe die baba siek raak en opgehou het met asemhaal.

Portia vertel sy het dadelik kardiopulmonale resussitasie (KPR) op haar baba toegepas, soos sy in die hospitaal geleer is.

Die ma het die vaardighede in hospitaal geleer

“Britney is op 26 weke en 3 dae gebore en het net 700 g geweeg. Alhoewel my dogter baie van die komplikasies van prematuur babas oorkom het en dit by die huis gemaak het, het sy minder as ‘n maand na sy tuis was, baie siek geword en opgehou asemhaal.”

“Ek kan die KMC-span van die Tygerberg-hospitaal nie genoeg bedank nie, veral Heather Saizs, want as sy my nie hierdie KPR-tegnieke geleer het nie, sou my baba nie vandag gelewe het nie.”

Britney is na die voorval by die Tygerber-hospitaal se pediatriese- intensiewe sorgeenheid opgeneem. Sy was vir ‘n week lank op ‘n ventilator geplaas.

Dr. Suzanne Kerswill, pediatriese registrateur van die Tygerberg-hospitaal, sê: “’Vroeggebore babas het ‘n groot risiko vir infeksies en skielike-suigelingsterftesindroom (SIDS). SIDS is wanneer ‘n baba wat jonger as ‘n jaar oud is, skielik sterf (gewoonlik tydens die slaap) en na ‘n ondersoek kan geen oorsaak gevind word nie. SIDS kan met ‘n gesonde baba gebeur. Dus is al die inligting wat ons met ons pasiënte deel belangrik. ”

Lees ook: Swanger vrou glo in hospitaal deur werker verkrag

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *