Covid-19: Nuutste syfers en inentings

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrika het nou meer as 2 422 151 bevestigde Covid-19-gevalle ná nog 13 751 gevalle in die laaste 24 uur aangemeld is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Woensdagaand aangekondig die sterftesyfer weens Covid-19 staan tans op 71 431. Nog 523 sterftes is in die laaste 24 uur aangemeld.

Suid-Afrika het tot dusver 14 750 901 toetse vir Covid-19 doen.