TOKIO – Die Suid-Afrikaner Tatjana Schoenmaker (24) het vandag die 200 m-borsslagwêreldrekord gebreek en die eerste Olimpiese goue medalje vir die land verower.
Schoenmaker het die 200 m in net 2:18:95 geswem en die rekord van 2:19:11 deur die Deen Rikke Moller Pedersen in 2013 verbeter. Sy het ook ‘n silwer medalje in die 100 m gewen.
Foto’s van Schoenmaker net nadat sy die rekord gebreek het, het vinnig oor die internet versprei. In die foto’s kan gesien word hoe emisoneel en geskok die swemmer oor haar prestasie was.
LEES OOK: KYK: Boipelo, Olimpiese skaatsplankryer, terug van Spele
LEES OOK: AARDBEWING: Gauteng-inwoners vanoggend wakker geruk
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



