September 16, 2021

Verstandelik gestremde vrou (20) verkrag, man pleit skuldig

Die staatsadvokaat, Marlin Cairncross, het die getuienis van ‘n sielkundige aangehoor wat bevestig het dat die slagoffer weens haar verstandelike gestremdheid nie toestemming kon gee nie.

Verstandelik gestremde vrou (20) verkrag, man pleit skuldig

Verstandelik gestremde vrou (20) verkrag, man pleit skuldig Foto: Counselling in Jail

MPUMALANGA. – Kenneth Albert Sithole (36) van Kwa-Thandeka is gister deur die Piet Retief-streekshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis weens die verkragting van ‘n 20-jarige verstandelik gestremde vrou.

Monica Nyuswa, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag (NVG), sê Sithole het skuld beken op aanklag van verkragting en is daarna skuldig bevind.

“Op Oukersaand 2018 het Sithole, wat aan die slagoffer bekend was, haar uit haar ouma se huis gelok en haar verkrag. Die ouma het later bekommerd geraak oor haar verdwyning. Sy het na haar begin soek, maar was sonder sukses. Die slagoffer is toe as vermis by die polisie aangemeld.”

Verstandelik gestremde uitgelok en verkrag

Die volgende oggend het die ouma die slagoffer in die straat gevind, nie ver van haar huis af nie. Toe sy haar uitvra oor waar sy was, het sy aan die ouma vertel dat Sithole haar met geweld na sy plek geneem het waar hy verkrag het. Die saak is by die polisie aangemeld en Sithole is daarna in hegtenis geneem.

In die hof het Sithole nie ontken dat hy op die betrokke aand seksuele omgang met die slagoffer gehad het nie, maar het beweer dat hulle in ‘n liefdesverhouding was. Die staatsadvokaat, Marlin Cairncross, het die getuienis van ‘n sielkundige aangehoor wat bevestig het dat die slagoffer weens haar verstandelike gestremdheid nie toestemming kon gee nie.

Die hof het geen versagtende faktore gevind om af te wyk van die voorgeskrewe lewenslange vonnis nie. Sithole is lewenslange gevangenisstraf opgelê. Die NVG veroordeel geweld teen vroue en kinders.

LEES OOK: Life Esidimeni-verhoor om dood van psigiatriese pasiënte te ondersoek, hervat

LEES OOK: Skoolseun van moord aangekla na messteek op terrein

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *