September 28, 2021

Life Esidimeni-verhoor om dood van psigiatriese pasiënte te ondersoek, hervat

Die Gautengse departement van gesondheid het in 2015 na bewering sy kontrak met Life Esidimeni vir die voltydse versorging van 1 300 psigiatriese pasiënte beëindig.

Life Esidimeni - verhoor om dood van psigiatriese pasiënte te bepaal, hervat

Life Esidimeni - verhoor om dood van psigiatriese pasiënte te bepaal, hervat Foto: EWN

Die hofverrigtinge na die geregtelike doodsondersoek in die Life Esidimeni-tragedie waarin meer as 144 psigiatriese pasiënte dood is, word vandag na meer as ‘n maand weer in die Preroria-hooggeregshof hervat.

Die verhoor moet bepaal wat tot die dood van 144 psigiatriese pasiënte gelei het en wie aanspreeklik gehou moet word.

Die Gautengse departement van gesondheid het in 2015 na bewering sy kontrak met Life Esidimeni vir die voltydse versorging van 1 300 psigiatriese pasiënte beëindig. Die pasiënte is daarna uit die Life Esidimeni-hospitale verwyder. Party is glo in die sorg van hul gesinne geplaas, of by ongeregistreerde NGO’s gelos.

Tussen Maart en Desember 2016 is 144 pasiënte na bewering as gevolg van verwaarlosing, dehidrasie en honger dood. Daar is berigte dat baie ook vermis geraak het en nooit weer gevind is nie.

Die hofverrigtinge het vanoggend om 10:00 in die hooggeregshof begin.

LEES OOK: Skoolseun van moord aangekla na messteek op terrein

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *