September 28, 2021

Man moet halfmiljoen aan bank terugbetaal oor ‘lenings’

Man moet halfmiljoen aan bank terugbetaal oor 'lenings' (Foto: The Conversation)

Man moet halfmiljoen aan bank terugbetaal oor 'lenings' (Foto: The Conversation)

Heinrich Presensie (36) het Dinsdag in die Gqeberha-handelsmisdaadhof verskyn. Die hof het bevind dat hy meer as ’n halfmiljoen aan Capitec Bank moet terugbetaal na hy aan bedrog en geldwassery skuldig bevind is.

Presensie het tussen Augustus 2016 en Februarie 2017 by die bank 13 lenings aangegaan met vervalsde dokumente. Kapt. Yolisa Mgolodela, polisiewoordvoerder, sê Ashley le Roux (36) is ’n vermeende medepligtige en het glo die vervalsde dokumente opgestel.

Groot lenings is vir elke kliënt goedgekeur en Presensie en Le Roux het kommissie ontvang vir geld wat hulle nooit gekry het nie.

Die Valke het die saak ondersoek en die beskuldigdes is op 12 Februarie 2019 in hegtenis geneem.

Presensie het op 9 Julie vanjaar skuldig gepleit en is ’n opgeskorte vonnis van vyf jaar opgelê. Le Roux, wat onskuldig gepleit het, se  saak is tot 8 September uitgestel.

Lees ook: Bloemfontein Online Co. se derde uitgawe is hier!

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *