Toyota stop bussies by Spele na gesiggestremde atleet raakgery is

Deel hierdie storie / Share this story

Toyota het die outonoom-aangedrewe bussies by die Paralimpiese Spele tydelik gestop nadat ‘n Japannese atleet, Aramitsu Kitazono (33), deur ‘n e-Palette-voertuig in die Spele-dorpie raakgery is. Dié soort bussies benodig nie ‘n bestuurder nie.

Die atleet kon nie na die voorval meeding in die naweek se kompetisies nie. Kitazono het verskeie snye en kneusplekke opgedoen. As deel van Toyota se borgskap aan die Spele in Tokio, het Toyota sy voertuie ten toon gestel via ‘n pendeldiens wat daglank in die atletedorp beskikbaar was. Die president van Toyota, Akio Toyoda. het sy kommer na die voorval uitgespreek.

Volgens ‘n plaaslike koerant, Asahi Shimbun, het die polisie in Tokio gesê dat voertuigoperateurs hulle meegedeel het dat hulle glo bewus was van die persoon, maar het gedink dat die persoon die bus sou opmerk en nie oor die pad loop nie. Toyota het om verskoning gevra en aangekondig die gebruik van hulle bussies sal tydelik gestop word. Hy sê verder hulle sal self die voorval verder ondersoek.

LEES OOK: Bloed in vermiste Louis de Villiers se bakkie gevind

LEES OOK: KYK: Nando’s dryf spot oor ‘tienling’ in nuwe video

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.