JAPAN. – Japan se minister van gesondheid het aangekondig twee mans in hulle dertigs is dood nadat hulle die Moderna Inc (MRNA.O) Covid-19-entstof ontvang het.
Japan het meer as ‘n week gelede die gebruik van 1,63 miljoen Moderna-dosisse wat na 863 inentingsentrums landwyd gestuur is, gestaak. Dit volg nadat berigte oor besmettings in sommige flessies ontvang is. Altwee die mans het ‘n dosis van die Moderna-entstof ontvang. Volgens die minister is hulle ‘n paar dae later dood.
Ondersoek na twee se dood in Japan
“In hierdie stadium is daar geen verband tussen die twee sterftes en die Moderna-entstof nie, maar ons glo dat dit belangrik is om ‘n formele ondersoek uit te voer om die saak verder te ondersoek,” het Takeda Pharmaceutical Company in ‘n verklaring gesê.
Die Japanse ministerie van gesondheid sal die ondersoek saam met Takeda uitvoer, terwyl Moderna sy eie ondersoek begin het.
LEES OOK: Bloed in vermiste Louis de Villiers se bakkie gevind
LEES OOK: KYK: Nando’s dryf spot oor ‘tienling’ in nuwe video
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



