GAUTENG. – ‘n Bejaarde vrou, Hanlie Geldenhuis (94), is deur die nag van 27 Augustus glo deur ‘n aanvaller deur haar plaashuis se venster op Kalbasfontein, in Westonaria geskiet.
Geldenhuis is na die aanval in die hospitaal opgeneem en was in ‘n ernstige toestand. Sy het twee koeëlwonde in haar buik gehad en het ‘n operasie benodig om die koeëls te verwyder.
Niemand in hegtenis na bejaarde geskiet is
Sy het ‘n bloedoortapping gekry wat haar bloeddruk verbeter het. Sy is toe na die Leratong-hospitaal in Krugersdorp oorgeplaas. Geldenhuis is die dag daarna op 28 Augustus oorlede.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die polisie-ondersoek duur steeds voort.
LEES OOK: Bloed in vermiste Louis de Villiers se bakkie gevind
LEES OOK: KYK: Nando’s dryf spot oor ‘tienling’ in nuwe video
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



