VRYSTAAT. – Twee seuns, Connery Charles Over en Adriaan Johannes Barnard, van De Wetsdorp is vermis nadat hulle laas op 26 Augustus gesien toe hulle Jimmy Roos se koshuis verlaat het.
Twee seuns saam vermis
Albei die seuns is 16 jaar oud. Pink Ladies skryf dis nie bekend wat Barnard tydens die verdwyning aangehad het nie. Hy het ‘n duidelike litteken op sy linkerpinkie. Hy het ook snymerke aan sy arms. Volgens hulle het Barnard ook ‘n mediese toestand. Dit is ook nie bekend wat Over aangehad het nie.
Indien enigiemand inligting oor die twee seuns het wat kan help om die seuns op te spoor, skakel die Dewetsdorp-polisie by 051 541 5400.
LEES OOK: Bloed in vermiste Louis de Villiers se bakkie gevind
LEES OOK: KYK: Nando’s dryf spot oor ‘tienling’ in nuwe video
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



