VRYSTAAT. – Drie verdagtes is die naweek in Bloemfontein in hegtenis geneem na ‘n Dewetsdorp-inwoner, Iris Potgieter (66), se liggaam in ‘n oop stuk veld gevind is.
Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het bevestig haar motor, ‘n rooi Volkwagen Citi Golf, is die naweek in Bloemfontein gesien. Drie mense, twee mans en ‘n vrou tussen 19 en 26, is daarna in hegtenis geneem.
Drie in hegtenis verskyn dan
Dit volg nadat mense haar beweerde gesteelde motor na die oop stuk veld sien ry het. Die motor het tot stilstand gekom en iets is uit die voertuig gegooi. Die polisie is dadelik ontbied. Foto’s is na die voorval op sosiale media gedeel in ‘n poging om die verdagtes en motor op te spoor.
Die drie verdagtes sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.
LEES OOK: Twee seuns (16) saam vermis vanaf Jimmy Roos Boarding
LEES OOK: Bloed in vermiste Louis de Villiers se bakkie gevind
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



