LIMPOPO. – Die Senwabarwana-polisie is op soek na twee vermiste sussies, Kamogelo Raphasha (7) en Tshegofatso Raphasha (6), wat laas op 23 Augustus 2021 omstreeks 17:45 gesien is.
Helikopter soek na twee sussies
Die twee sussies is van Marobjane in Senwabarwana. Daar word beweer dat die kinders op die betrokke dag saam met ‘n familielid uitgegaan het en sedertdien nooit weer huis toe gekom het nie. Hulle het bruin-en-kakie sweetpakke aangehad.
Die polisie is in kennis gestel en die soektog is uitgebrei na vriende, familie, plekke waar hulle gespeel het, sowel as die nabygeleë bosse. Enigiemand met inligting wat kan help met die opsporing van die vermiste kinders, kan konst. Frans Seema by 079 8401780 of die stop misdaad-nommer 08600 10111 of die naaste polisiekantoor kontak.
Die polisie se ondersoek duur voort en ‘n helikopter is besig om na die vermiste kinders te soek.
LEES OOK: Bloed in vermiste Louis de Villiers se bakkie gevind
LEES OOK: KYK: Nando’s dryf spot oor ‘tienling’ in nuwe video
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



