Babaseuntjie oorleef vir dae op ma se bors na oordosis dwelms

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Twee maande oue babaseuntjie het vir dae op sy oorlede ma se bors oorleef deur aan sy handjie te suig en te kou. Die vrou se liggaam was al besig om te ontbind.

Volgens die polisie was Danielle Ward (29) reeds dae lank dood toe die polisie haar woonstel in Louisville, Kentucky, binnegegaan het en haar seun op haar ontbindende liggaam gevind het. Die baba se ouma, Adriane Wade, het aan ‘n plaaslikee nuusagentskap vertel dat sy haar dogter en kleinseun laas op 13 Augustus by hulle huis gesien het.

Die babaseuntjie is ondersoek en daar is gevind sy een handjie was rou gesuig. Die ouma het verder vertel haar kleinkind het aan sy handjie begin kou omdat hy iets wou eet om te oorleef. Die erg gedehidreerde seuntjie is tans in die hospitaal en ontvang behandeling vir sy beseerde handjie.

Die polisie sê die ma is dood aan ‘n oordoses dwelms.

LEES OOK: Bloed in vermiste Louis de Villiers se bakkie gevind

LEES OOK: KYK: Nando’s dryf spot oor ‘tienling’ in nuwe video

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.