Milk Crate-uitdaging – dokters smeek TikTok-gebruikers om te stop

Deel hierdie storie / Share this story

Sosialemediagebruikers word gewaarsku oor die nuwe TikTok-uitdaging, die Milk Crate, wat sy kop uitsteek. Dit daag mense uit om op kratte wat in die vorm van ‘n piramide gepak is, te loop.

Dokters van regoor die wêreld smeek mense om nie aan die Milk Crate-uitdaging deel te neem nie. Hulle meen die uitdaging kan ernstige beserings veroorsaak, veral wanneer jy val en kopbeserings opdoen. Dokters sê ook hospitale is reeds onder soveel druk as gevolg van die pandemie dat hulle nie nog beserings kan hanteer wat voorkom kon word nie.

Henry Schuitema, hoof van noodgeneeskunde by Jefferson Health in New Jersey, het gesê sy hospitaal het onlangs ‘n pasiënt gesien wat verskeie ribbes gebreek het nadat hy aan die uitdaging deelgeneem het.

TikTok het in ‘n verklaring aan The Washington Post gesê dat die platform inhoud verbied wat gevaarlike dade bevorder of aanmoedig. Die platform sê verder hulle verwyder sulke video’s en verwys mense na hulle gemeenskapsriglyne om sodanige inhoud te ontmoedig.

LEES OOK: Vrou in Toyota Prado gesoek na fetus in asblik ontdek is

LEES OOK: Manenberg-katslagter slaan weer toe, R20 000 beloning

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.