PORT NOLLOTH. – Die soektog na die 3-jarige seunjie, Liam Cloete, het ‘n dag na sy verdwyning tragies geëindig toe sy liggaampe Woensdagmiddag by die riooldam naby Sizamile in Port Nolloth gevind is.
Soektog na 3-jarige begin Dinsdag
Renique de Wee, polisiewoordvoerder, het aan OFM-nuus gesê Liam se liggaampie is deur die Upington-seereddingspan en Kimberley-polisie uit die riooldam gehaal. Die seun is Dinsdag as vermis aangemeld nadat hy laas by die riooldam in die omgewing gesien is.
Volgens die ma van die seuntjie het hy saam met sy vriende naby sy huis gespeel voordat hy vermis geraak het. Daar word beweer dat hy vinnig huis toe gegaan het om iets te gaan drink toe hy vermis geraak het. Verskeie polisiebeamptes sowel as die departement van maatskaplike ontwikkeling was deel van die soektog.
‘n Saak word ondersoek.
LEES OOK: ‘Here ek roep na U,’ pleit ma met babadogtertjie in waakeenheid
LEES OOK: Sasolburg – man en vrou wreed vermoor
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



