Polisie op soek na vermiste man

Deel hierdie storie / Share this story

GQEBERHA. – Die polisie in Gelvandale is op soek na die vermiste 28-jarige Keenan Warriker wat op 17 Augustus 2021 vermis geraak het.

Warriker is glo die Dinsdag laas deur sy ma gesien by sy huis in Scorpiostraat, Helenvale. Hy is die aand bed toe en toe sy ma ongeveer 02:00 die oggend by hom gaan inloer, het sy opgelet dat hy én die komberse weg is.

Warriker het glo ‘n geskiedenis van onstabiliteit en dis ook nie die eerste keer dat hy vermis is nie. Hy is ‘n vorige keer by ‘n winkelsentrum in die area gevind.

Die familie het die omgewing deursoek, maar kon hom tot dusver nog nie kry nie.

Die polisie vra enigiemand se hulp om Warriker te help opspoor. As jy enige inligting het in verband met sy verdwyning of waar hy nou kan wees, skakel vir konst. Craig Stevens by 041 401 7007.