‘Hondsdolheid in die Wes-Kaap,’ sê AWS

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Die Animal Welfare Society (AWS) van Suid -Afrika het ‘n waarskuwing uitgereik nadat hulle bevestig het dat twee honde van Khayelitsha verlede week positief vir hondsdolheid getoets het.

Volgens AWS is hierdie twee bevestigde gevalle die eerste in meer as 27 jaar in die Kaapse metro. Eienaars van troeteldiere word aangeraai om hulle honde of katte te laat inent as hulle nie die afgelope drie jaar hul hondsdolheid-inenting ontvang het nie.

Alhoewel daar geen geneesmiddel vir hondsdolheid is nie, is dit 100% voorkombaar. Babahondjies moet hul eerste inenting op drie maande ontvang, dan ‘n skraagdosis (booster) binne daardie jaar en dan elke drie jaar daarna.

Hondsdolheid kan tussen diere oorgedra word en kan ook na mense versprei word.

Honde met hondsdolheid tree dikwels anders as normaalweg op. Hule kan aggressief wees, sukkel om te sluk, met hul monde oop loop, kwyl of geluide maak asof hulle verstik.

LEES OOK: Sasolburg – man en vrou wreed vermoor

LEES OOK: Vuilste man in die wêreld het 65 jaar laas gebad

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.