Amore Vittone het die naweek gespog met haar seun, Jordan, deur foto’s van hom waar hy sokker speel op haar Instagram-profiel te laai.
By die foto’s skryf sy Jordan het sy hart op die veld uitgespeel. Sy sê alhoewel die span verloor het, het dit die span net harder laat werk en sterker gemaak. Jordan het vir die Gold City Royals Football Club gespeel.
“Ek is so trots op jou my seun.”
“Joost sou so trots gewees het op hom,” lui ‘n kommentaar op die inskrywing.
Volgens ‘n ander inskrywing deur die trotse ma, is Jordan vreeslik lief vir sokker en is ’n doelwagter vir die span.
Inskrywing op Amore se Instagram:
LEES OOK: Boer kritiek na hy brande help blus, dogter pleit vir hulp
LEES OOK: Ma sien ‘beskermengel’ op sonarfoto na drie miskrame
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



