Amptenare van departement van gesondheid in Noord-Kaap weer in hof oor bedrog

Deel hierdie storie / Share this story

Twee hoofde van die departement van gesondheid in die Noord-Kaap is in hegtenis geneem op bewerings van onreëlmatighede met die toekenning van PPE’s en die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies (PFMA).

Nomthandazo Mnisi, woordvoerder vir die Valke in die provinsie, sê die waarnemende departementshoof en finansiële hoof van die departement is gearresteer en sal later vandag in die Kimberley-landdroshof verskyn. Die aantygings hou verband met onreëlmatighede van ongeveer R43 miljoen.