OOS-LONDEN. – Petrus Phakamile Sitho, aktivis teen plaasmoorde, gesels hier met ‘n boer, Mike Pederson-Horn, nadat sy gesin verlede week op hulle plaas aangeval en aangehou is.
FiND iT het vroëer berig Mike se vrou, Charne, en hulle kinders is deur drie verdagtes voorgekeer toe hulle op pad was na hulle motor. Sy wou roomys vir die kinders gaan koop het. Mike was nie tydens die voorval op die plaas nie.
Mike vertel in die onderhoud dit is net God se genade dat sy familie nie ernstig tydens die aanval beseer is nie. “Ons as gemeenskap het altyd baie veilig gevoel. Hierdie was die eerste aanval in ons gemeenskap. Dit het ons lewens verander. Ons en die kinders het bang geword om net die erf te verlaat.”
Hy sê verder sy vrou en die kinders gaan nou vir berading na die voorval.
Hier gesels die boer na sy gesin aangeval is op die plaas waar hy al 43 jaar woon:
LEES OOK: KYK: vrou gesels na sy en kinders op plaas aangeval, aangehou is
LEES OOK: Gewapende roof op plaas buite Oos-Londen
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



