Buurman (60) lok glo meisie (13) nader, verkrag haar

Deel hierdie storie / Share this story

RITCHIE. – Die ma van ‘n 13-jarige meisie van Ritchie in die Noord-Kaap vertel die buurman wat na bewering haar dogter verkrag het, was soos familie vir hulle.

Die ma vertel haar dogter se lewe sal nooit weer dieselfde wees nie. Sy beweer dat die 60-jarige man die meisie verlede week na sy huis gelok en haar verkrag het.

Buurman verkrag glo meisie

Sy sê sy soek geregtigheid vir haar dogter. “Ek het pyn, want dit het nog nooit in my 38 jaar van my lewe gebeur nie. Dit is nie iets wat ek wil hê moet met my of met iemand anders gebeur nie.”

Die ma beweer toe haar dogter verkrag is, het die verdagte aan haar gesê om vir niemand te vertel nie. Die buurman is steeds in aanhouding. -SABC

LEES OOK: Kind val na sy dood in Bloem-winkelsentrum

LEES OOK: 21 dood na vragmotor, taxi en motor bots

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.