21 dood na vragmotor, taxi en motor bots

Deel hierdie storie / Share this story

MALAWI. – 21 mense is Sondagoggend dood en talle beseer nadat ‘n vragmotor teen ‘n minibustaxi en daarna teen ‘n ligte voertuig gebots het.

Behalwe vir die 21 wat hulle lewe verloor het, het agt ander ook beserings opgedoen. Die Ntcheu-polisiebeampte, Julius Munthali, het aan SA Trucker gesê die beseerdes en die oorledenes is almal mense uit Chikwawa wat na Ntcheu gereis het vir ‘n besoek aan vriende in die dorp Chindoole.

Die ongeluk het in Lizulu in Ntcheu, Malawi, plaasgevind. Daar word verder berig die vragmotor het eerste die Toyota-minibustaxi getref, waarna dit teen ‘n motor gebots het.

Twitter inskrywing oor ongeluk waar 21 dood is.

LEES OOK: Meisie (13) met aggressiefste vorm van leukemie gediagnoseer

LEES OOK: Fondsinsameling gee ma (35) met kanker weer nuwe hoop

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.