Vrou met steekwonde aangetref, kêrel in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

ADELAIDE. – ‘n Vrou (23) is dood met steekwonde gevind, waarna haar 21-jarige kêrel kort daarna in hegtenis geneem is.

“Op Saterdag 31 Julie 2021 omstreeks 00:20 het lede van die Adelaide-polisie ‘n moordtoneel in Lingelethu, Adelaide ondersoek. Met hulle aankoms het hulle die liggaam van ‘n 23-jarige vrou met steekwonde aangetref,” sê kapt. Siphokazi Mawisa, polisiewoordvoerder.

Daar word beweer die slagoffer en haar kêrel het gestry waarna hy haar na bewering doodgesteek het. Die kêrel is kort daarna in hegtenis geneem en aangehou op aanklag van moord.

Hy sal vandag in die landdroshof op Adelaide verskyn.

Die waarnemende distrikskommissaris, brig Ngangema Xakavu, het die moord veroordeel en mense aangespoor om professionele hulp te soek om hul probleme op te los. “Ons sal verseker dat die oortreders wat by sulke voorvalle betrokke is, die volle mag van die wet in die gesig staar,” het hy bygevoeg.

LEES OOK: Fondsinsameling gee ma (35) met kanker weer nuwe hoop

LEES OOK: KYK: vrou gesels na sy en kinders op plaas aangeval, aangehou is

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.