BLOEMFONTEIN. – Die polisie is besig met ‘n onsersoek nadat ‘n driejarige kind in ‘n winkelsentrum in Bloemfontein na sy dood geval het.
Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die gesin van vier van Bergmanplein naby Bloemfontein het Sondag die winkelsentrum besoek. Die gesin was om 14:30 die middag na hulle besoek aan die mall op pad na die parkeerarea, toe die pa opgemerk het die 3-jarige is vermis.
Kind dood in winkelsentrum gevind
“Volgens die pa het hulle na die seun gesoek en ‘n sekuriteitswag raakgeloop wat hulle meegedeel het dat hul kind geval het.”
Makhele sê verder die gesin het toe na die plek gegaan waar die kind se lewelose liggaam gelê het. Die polisie en paramedici is ontbied en die kind is op die toneel dood verklaar.
LEES OOK: 21 dood na vragmotor, taxi en motor bots
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



