Mense het woedend gereageer ná die departement van onderwys gesê het ‘n inentingskaart is een van die vereistes vir voornemende gr. 1’s om vir 2022 in te skryf.
Die departement het in ‘n aanlyn inskrywingsvoorlegging gesê gr. 1’s moet ‘n “inentingskaart” wys voor hulle by die skole aanvaar sal word en baie mense was onder die indruk dat dié kaart na ‘n Covid-19-inentingskaart verwys.
Die departement het egter in ‘n verklaring ‘n verduideliking gegee en gesê dié inenting verwys nie na die Covid-19-entstof nie.
“Dit verwys na ‘n immuniseringskaart wat ‘n rekord van immunisering en die kind se groeikoers bevat wat aan ma’s gegee word wanneer hulle baba gebore word.”
“Ons is bewus van die verwarring wat geskep is deur die gebruik van die woord ‘inenting’ in pleks van immunisering.”
Die departement sê ouers of voogde wat hul kinders in fase 2 vir gr. 1 inskryf, moet die immuniseringskaart indien.
“Kinders in ons land word in elk geval nog nie teen Covid-19 ingeënt nie.”
Lees ook: Nuutste Covid-19-syfers in SA
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



