PREOTRIA. – Twee polisiebeamptes is dood nadat ‘n vermeende dronkbestuurder in ‘n ongelukstoneel ingejaag het terwyl polisielede besig was om ‘n ongeluk te ondersoek.
Volgens Isaac Mahamba, polisiewoordvoerder, was ‘n Tshwane Metro-polisiebeampte, wat nie aan diens was nie, Saterdagaand om 20:00 op die R80 Mabopane-snelweg in ‘n ongeluk betrokke.
Vermeende dronkbestuurder jaag in ongelukstoneel vas
“Twee ander polisielede het by die ongelukstoneel opgedaag om met die ongeluk te help. Terwyl hulle besig was om na die beseerde om te sien, het ‘n Mercedes Benz in hulle vasgery. Dit het ‘n tweede ongeluk veroorsaak wat die beseerde amptenaar en een van die beamptes wat gehelp het, se dood veroorsaak het.
Twee dood
Die tweede beampte wat gehelp het met die eerste ongelukstoneel, is slegs beseer. Die bestuurder van die Mercedes Benz is ook beseer en hy is in hegtenis geneem weens vermoedelike dronkbestuur.
Die Tshwane Metro-polisie is geskok oor die dood van twee van die beamptes en wil hul innige meegevoel aan hul families, vriende en kollegas stuur.
LEES OOK: 21 dood na vragmotor, taxi en motor bots
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



