OKLAHOMA. – ‘n Ma en ‘n man (24) is in hegtenis geneem nadat ‘n 12-jarige dogter geboorte geskenk het. Die polisie het na die voorval gesê dit is nie aldag dat hulle in kennis gestel word van so ‘n voorval nie.
Volgens die polisie was die ma, Desiree Castaneda, en die familie bewus van die verhouding en het dit goedgekeur. Daar was na bewering ook foto’s van die dogter en haar kêrel, Juan Miranda-Jara (24), by die babatee. Miranda-Jara het saam met die meisie na die hospitaal gegaan om geboorte te skenk.
Tronkstraf na 12-jarige geboorte skenk
Miranda-Jara is van eerstegraadse verkragting van ‘n minderjarige aangekla toe hy by die Hillcrest-hospitaal in die middel van die stad opgedaag het. By navraag het hy glo erken dat hy die pa van die ongebore kind was en was bietjie onseker waarom die polisie betrokke raak. Die ma van die dogter asook Miranda-Jara is toe in hegtenis geneem.
Castaneda is aangekla van seksuele misbruik en verwaarlosing. Die pa van die slagoffer is tot 12 jaar vir verkragting gevonnis.
LEES OOK: AARDBEWING: Gauteng-inwoners vanoggend wakker geruk
LEES OOK: KYK: vrou gesels na sy en kinders op plaas aangeval, aangehou is
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



