Boipelo Awuah se eerste Olimpiese Spele kortgeknip

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die jong Kimberley-skaatsplankryer, Boipelo Awuah (15), se tyd by die Olimpiese Spele het vinnig tot ‘n einde gekom nadat sy ‘n fraktuur aan haar been opgedoen het.

Awuah het die besering Donderdag tydens oefening opgedoen. Sy was die jongste lid van die Suid-Afrikaanse span by die Spele.

Boipelo Awuah maak vrede met terugslag

Baffour Awuah, Boipelo se pa, het aan die media gesê alhoewel sy dogter moes onttrek, het sy vrede met die terugslag gemaak.

Kimberley Online Co. het Vrydag berig Awuah was vyf toe sy die eerste keer op ‘n skaatsplank gery het. Sy was veral opgewonde om die baan by die Olimpiese Spele met haar idol, Nyjah Huston, te deel.

Lees die volledige berig oor Boipelo Awuah se pad na die Olimpiese Spele hier.

LEES OOK: Caster Semenya en haar vrou verwag baba nommer twee

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.