Caster Semenya en haar vrou verwag baba nommer twee

Die paartjie is al in 2015 getroud.

Caster Semenya en haar vrou verwag baba nommer twee

Caster Semenya en haar vrou verwag baba nommer twee Foto: Twitter

Caster Semenya (30), die Suid-Afrikaanse atleet, het Donderdag op sosiale media aangekondig sy en haar vrou, Violet Raseboya, verwag hulle tweede kind.

“Tien klein vingertjies, tien klein toontjies. Met liefde en genade groei ons gesin. Hierdie kosbare siel waarmee God besluit het om ons te seën. Ons almal kan nie wag om jou te ontmoet nie!”

Die paartjie is al in 2015 getroud. Vroeër die maand het hulle ook foto’s en video’s van hulle eersteling gedeel toe sy haar tweede verjaarsdag gevier het. Die geslag van hulle tweede kind is nog nie bekend nie.

Sien Caster Semenya se inskrywing hier:

LEES OOK: Heidelberg-hospitaal soek familie van onbekende pasiënt

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *