President Cyril Ramaphosa het vanaand die nasie om 20:30 toegespreek. SA skuif nou na aangepaste vlak 3. Nuwe regulasies vir die aangepaste vlak 3 sal later vanaand in werking tree sodra dit in die Staatskoerant gepubliseer is.
Hier is wat nou tydens vlak 3 toelaatbaar is:
- Aanklokreël bly steeds van 04:00 tot 22:00;
- Interprovinsie reis vir vakansie mag weer hervat word;
- Restaurante en kroeë mag oopmaak, maar moet 21:00 sluit;
- Byeenkomste mag voortgaan met ’n limiet van 50 mense binne en 100 buite;
- Slegs 50 persone word by ‘n begrafnis toegelaat. Byeenkomste na begrafnisse en verassings bly verbode;
- Drankwinkels mag weer alkohol verkoop Maandag tot Donderdag van 10:00 tot 18:00;
- Alkohol in restaurante mag tot 20:00 bedien word;
- Skole heropen môre.



