Departement van onderwys gereed vir derde kwartaal

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – Die departement van onderwys sê hy is gereed vir die derde kwartaal wat môre 26 Julie 2021 weer sal begin. Leerders sal ook van 2 Augustus 2021 af weer daagliks skool gaan nadat hulle van die begin van die jaar af net elke tweede dag skool bygewoon het.

LEES OOK: President Cyril Ramaphosa spreek vanaand die land toe

Gereed vir derde kwartaal

Skoolbestuurspanne en ondersteuningspersoneel het reeds op 22 Julie na skole teruggekeer om voor te berei vir die terugkeer van leerders en om te verseker dat Covid-19-protokolle ingestel is om die verspreiding van die virus te beperk.

Onderwysers ingeënt

Die inenting van die basiese onderwyssektor is voltooi. In die Noord-Kaap is 11 012 opvoeders en ondersteuningspersoneel ingeënt.

LEES OOK: Ma verloor drie seuns op een slag

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.