September 16, 2021

Ma verloor drie seuns op een slag

“Hulle ma het hulle die volgende oggend gaan haal en op hulle lewelose liggame op die vloer afgekom.”

Ma verloor drie seuns op een slag

Ma verloor drie seuns op een slag

KNYSNA. – ’n Ma het al drie haar seuns op een slag aan die dood afgestaan. Die presiese oorsaak van die seuns se dood word nog ondersoek.

LEES OOK: Drie weke oue baba glo ontvoer

Ma het drie seuns op dieselfde dag aan die dood afgestaan

Sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, sê die drie seuns, Onele (11), Alwaba (12) en Siyabonga (20), het op Donderdagaand 15 Julie 2021 besluit om in ’n houtstruktuur aan die agterkant van die gesin se huis te slaap.

“Hulle ma het hulle die volgende oggend gaan haal en op hulle lewelose liggame op die vloer afgekom.”

Op die toneel dood verklaar

Paramedici is na die toneel ontbied, maar al drie seuns in op die toneel dood verklaar.

Die omstandighede rondom die seuns se dood word nog ondersoek en ’n nadoodse ondersoek sal die oorsaak van hul dood bepaal.

Rommel van ‘n vuur

Spies sê die seuns het moontlik ’n klein vuur in die kamer gemaak. Misdaadtoneelkenners het die kamer gefynkam en die oorblyfsels van ’n klein vuur gekry.

LEES OOK: Twee vermeende vals dokters in hegtenis

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *