Verdagte bly in aanhouding na moord in aftreeoord

Volgens Dhlamini is Booysen glo in haar bed gemartel waarna sy toe verkrag is.

Verdagte bly in aanhouding na vermoorde bejaarde in aftreeoord

Verdagte bly in aanhouding na vermoorde bejaarde in aftreeoord Foto: AfriForum

VRYSTAAT. – Die 33-jarige verdagte sal in aanhouding bly nadat Gertjie Booysen (78) die week in haar huis in ‘n atreeoord op Paul Roux verkrag en vermoor is.

Kapt. Phumemelo Dhlamini, polisiewoordvoerder, sê ‘n aanvaller het glo deur die loop van Maandagnag oor die aftreeoord se heining gespring. Daarna het die aanvaller na bewering Booysen se deur oopforseer. Volgens Dhlamini is Booysen glo in haar bed gemartel waarna sy toe verkrag is.

Verdagte bly in aanhouding tot Donderdag

“Die verdagte is Dindagoggend gesien toe hy glo oor die muur van die oord geklim en weggehardloop het. Sover word niks uit Booysen se huis vermis nie.”

Isaac Mthenjwa Magagula het op aanklag van moord en verkragting in die Paul Roux-landdroshof verskyn. Hy sal in aanhouding bly tot hy Donderdag om borgtog sal aansoek doen.

LEES OOK: Bejaarde in Paul Roux-aftreeoord verkrag en vermoor

LEES OOK: Horner-moordsaak lei tot inhegtenisneming van vyf polisielede

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *