Dis wat departement bedoel met ‘nie petrol in kanne koop’

Die verduideliking sal ook binnekort in die Staatskoerant verskyn.

Dis wat departement bedoel met ‘nie petrol in kanne koop’

Dis wat departement bedoel met ‘nie petrol in kanne koop’ Foto: Holt Lloyd

Die departement van minerale bronne en energie het intussen die nuwe brandstof-regulasie hersien en dit verduidelik, aangesien onsekerheid bestaan het oor wat presies bedoel word.

Suid-Afrikaners was opstandig toe die minister van minerale bronne en energie, Gwede Mantashe, Donderdag aangekondig het dis onwettig vir vulstasies om petrol en diesel in kanne aan mense te verkoop.

Dit is wat die departement bedoel

Die departement het Vrydag verduidelik ‘n kan waarna in hierdie regulasie verwys word, is ‘n voorwerp wat nie goedgekeur vir die vashou en vervoer van petrol of diesel volgens die Suid- Afrikaanse Nasionale Standaarde (SANS) nie. Die verduideliking sal ook binnekort in die Staatskoerant verskyn,” het die departement Vrydag verduidelik.

LEES OOK: Jy mag nie meer petrol, diesel in kanne volmaak nie

LEES OOK: Brandstoftekort dalk SA se voorland indien onluste voortduur

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *