Borgtog: Sewe vry na Horner-moordsaak lei tot inhegtenisnemings

Hulle sal na verwagting Donderdag in die Ladybrand-landdroshof verskyn.

Borgtog: Sewe vry na Horner-moordsaak lei tot inhegtenisnemings

Borgtog: Sewe vry na Horner-moordsaak lei tot inhegtenisnemings Foto: Facebook

VRYSTAAT. – Die vyf polisiebeamptes en twee ander persone wat in die Ladybrand-landdroshof in die Vrystaat verskyn het, nadat hulle vroeër vandeesweek in hegtenis geneem is op aanklag van veediefstal, is op borgtog vrygelaat.

Sewe kry borgtog

Hulle inhegtenisneming het plaasgevind as gevolg van die ondersoek na die Horner-moordsaak. Kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die Valke, sê die vyf polisielede is tussen die ouderdom van 28 en 50 jaar. Die ander tweee verdagtes is onderskeidelik ‘n 30-jarige en 50-jarige.

Daar is vroeër berig Singo sê hierdie inhegtenisnemings is deel van die groter prentjie. Die sewe word van veediefstal, dwarsboming van die gereg en meineed aangekla. Hulle sal na verwagting Donderdag in die Ladybrand-landdroshof verskyn.

LEES OOK: KYK: Polisie keer mense wat Kimberley-bottelstoor ‘wil plunder’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *