August 1, 2021

Polisie soek na verdagtes na aanval op ma en dogter op kleinhoewe

Die een verdagte het toe glo die 34-jarige dogter en die 70-jarige ma aangeval.

Op soek na verdagtes na aanval op ma en dogter op kleinhoewe

Op soek na verdagtes na aanval op ma en dogter op kleinhoewe Foto: Petrus, Facebook

OOS-LONDEN. – Die polisie is op soek na die vier verdagtes wat na bewering ‘n ma en haar dogter op Grand View-kleinhoewe Vrydag ongeveer 8 km vanaf Beaconbaai aangeval het.

Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê vier manlike verdagtes het na bewering na die huis van die slagoffers gegaan, maar net een het die huis binngedring. Hy het toe glo die 34-jarige dogter en die 70-jarige ma aangeval.

Steeds op soek na verdagtes

Volgens Kinana het albei slagoffers beserings aan hul bolywe opgedoen en paramedici het hulle na die naaste hospitaal geneem vir mediese hulp. Hulle was Vrydag nog in die hospitaal en stabiel.

‘n Televisie wat glo uit die slagoffers se huis vermis word, is deur die K9-eenheidslede in die bosse teruggevind. Daar is nog niemand in hegtenis geneem nie.

“Die omstandighede rondom die voorval is onbekend. ‘n Saak van huisroof is egter vir ondersoek aanhangig gemaak.”

Enigiemand met inligting kan die Beacon Bay-polisiekantoor of die Crime Stop-nommer anoniem kontak by 086 0010 111.

LEES OOK: KYK: Petrus op plaas waar ma en dogter vanoggend aangeval is

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *