Man verkrag sy swanger stiefsuster in haar huis

Moagi is op 5 April 2016 in hegtenis geneem.

Man verkrag sy swanger skoonsuster

Man verkrag sy swanger skoonsuster Foto: Johns Hopkins Medicine

NOORD-KAAP. – ‘n Man, Tshenolo Moagi (27), is tot 10 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy stiefsuster, toe swanger, verkrag het.

Kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê Moagi het op 2 April 2016 sy, toe sewe maande swanger, stiefsuster in hul huis op Bankhara verkrag. Hy het die slagoffer ook met die vuis geslaan toe sy probeer terugveg het.

In hegtenis geneem na man sy stiefsuster verkrag

Moagi is op 5 April 2016 in hegtenis geneem en nadat borgtog geweier is, moes hy in aanhouding bly tot hy gevonnis word. Hy is op 13 Julie 2021 tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis.

Hy is ook ongeskik verklaar om ‘n vuurwapen te besit en sy naam is opgeteken in die register vir oortreders van seksuele misdrywe.

Die Kuruman GGS-bevelvoerder, kapt. Caren Nel, het die offisier, Keitumetse Semetsa, geprys vir haar toewyding en deeglike ondersoek wat verseker het dat die oortreder tyd vir hierdie gruwelike misdaad sal uitdien.

LEES OOK: Brandstoftekort dalk SA se voorland indien onluste voortduur

LEES OOK: KYK: Polisie keer mense wat Kimberley-bottelstoor ‘wil plunder’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *