Chantelle Masuret (23), ‘n gebore Kimberliet wat in Januarie vanjaar na Centurion verhuis het om vir graad eentjies klas te gee, sê sy is mal oor haar nuwe, korter hare ná sy byna 40 cm van haar hare vir CANSA geskenk het.
“My tannie is in 2013 aan breinkanker oorlede,” vertel sy. “Die eerste keer wat ek gaan skenk het, was dit nie beplan nie. Ek het eintlik net gegaan om my punte te sny, toe sê ek vir die haarkapster sy moet daai bokstert van 24 cm maak dat ek kyk hoe lank dit is wat ek sal moet afsny as ek wil skenk.”
Chantelle lag en sê mens moenie tyd hê om daaroor te dink nie, jy moet net die afspraak maak en dit doen.
Chantelle vertel van ‘n dogtertjie in haar klas wat vandat sy haar ontmoet het, vertel hoeveel sy van haar juffrou se lang hare hou.
“Ek het eendag in die klas genoem dat ek my hare wil sny, en sy het dadelik gesê sy sal huil as haar juffrou haar lang hare moet afsny.”
Chantelle sê omdat sy self eers in die hoërskool bewus geraak het van die feit dat sy haar hare aan CANSA kan skenk, voel sy dis goed om die kinders in haar klas al van kleins af daarvan bewus te maak.
“Ek kan nie wag om na die skoolvakansie terug te gaan en vir haar te wys dat dit meer gaan oor wat mens doen en nie net oor hoe mens lyk nie.”
Lees ook: Wêreld se diepste swembad maak oop in Dubai
Lees ook: KYK: Rotsstorting op Tafelberg
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



