August 1, 2021

Wêreld se diepste swembad maak oop in Dubai

Duikers kan tot 60 meter diep in hierdie diepste van diep swembaddens duik.

Wêreld se diepste swembad maak oop in Dubai (Foto: Insider)

Wêreld se diepste swembad maak oop in Dubai (Foto: Insider)

Die wêreld se diepste swembad het nou in Dubai, die stad wat alles in die oortreffende trap aanbied, oopgemaak. Duikers kan tot 60 meter diep in hierdie diepste van diep swembaddens duik.

Deep Dive Dubai, wat homself die “diepste swembad ter wêreld” noem, bevat 14,6 miljoen liter varswater – ‘n volume gelyk aan ses Olimpiese swembaddens vol water.

Duikers word op pad ondertoe met musiek en liggies vermaak en hulle kan tot tafelsokker en ander speletjies op die bodem van dié swembad speel of die gesonke stad daar onder verken.

Die swembad het ook meer as 50 kameras ingebou.

‘n Duiksessie van een uur kos tussen 135$ en 410$.

Lees ook: KYK: Weermag op patrollie in Alexandra

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *