August 1, 2021

KYK: Rotsstorting op Tafelberg

Gelukkig is geen beserings aangemeld nie.

KYK: Rotsstorting op Tafelberg (Foto: SANParks - Table Mountain National Park, Facebook)

KYK: Rotsstorting op Tafelberg (Foto: SANParks - Table Mountain National Park, Facebook)

Rotsstorting op Tafelberg

Rotse wat Dinsdagoggend teen Tafelberg afgerol het, het verskeie inwoners laat wonder waar die gerammel vandaan kom.

Sanparke het Dinsdag op sy Facebook-blad gesê hy kan bevestig dat ‘n reuse rots van Tafelberg se Silverstream-ravyn aan die noordelike kant van die berg afgeval het.

Veldwagters het gaan ondersoek instel. Gelukkig is geen beserings aangemeld nie. Hulle kon met ‘n deeglike ondersoek vasstel dat die rotsstorting op Tafelberg weens natuurlike oorsake plaasgevind het.

“Ons versoek alle besoekers om wakker en versigtig te wees as hulle die buitelug-aktiwiteite in daardie area geniet. Rotsstortings vind moontlik plaas weens die swaar reën wat ons ervaar en sommige dele kan glad en gevaarlik wees.”

Foto: Meryl Berelowitz, Netwerk24

Lees ook: KYK: Weermag op patrollie in Alexandra

Lees ook: KZN-onluste: 26 mense dood

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *