August 1, 2021

KZN-onluste: 26 persone dood

Die weermag is ook ontplooi om die polisie by te staan.

KZN-onluste: 26 persone dood (Foto: EWN)

KZN-onluste: 26 persone dood (Foto: EWN)

Sihle Zikalala, premier van KwaZulu-Natal, sê minstens 26 persone is teen Dinsdagoggend dood weens onluste in dié provinsie.

KwaZulu-Natal het teen Dinsdagoggend reeds meer as R1 miljard se skade gely weens plundering en geweld in dié provinsie.

Onluste het verlede week Vrydag in die provinsie begin ná oudpresident Jacob Zuma in hegtenis geneem is en het Sondag na Gauteng versprei.

Kyk hier na videos.

President Cyril Ramaphosa het Maandagaand in sy toespraak aan Suid-Afrika gesê diegene wat hul skuldig maak aan plundering en geweld sál vervolg word.

Die weermag is ook ontplooi om die polisie by te staan.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].co.za.

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *