Gevangene val na sy dood toe hy glo probeer ontsnap

Die polisie en nooddienste was dadelik op die toneel om verdere voorvalle te voorkom.

Gevangene val na sy dood toe hy glo probeer ontsnap

Gevangene val na sy dood toe hy glo probeer ontsnap Foto: OMAG

KWAZULU-NATAL. – ‘n Gevangene in die Umzinto-tronk is dood nadat hy Maandag geval het terwyl hy na bewering probeer het om te ontsnap.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van korrektiewe dienste, sê die gevangene was deel van ‘n groep wat tydens ‘n brand Maandag glo die geleentheid wou gebruik om aan die tronk te ontsnap. “Die een gevangene het glo in die dak probeer klim in ‘n poging om te ontsnap. Hy het op doe grond geval waar hy aan sy beserings beswyk het.”

Die polisie en nooddienste was dadelik op die toneel om verdere voorvalle te voorkom.

“Ons veroordeel ten sterkste die pogings van gevangenes om die veiligheid in die sentrum te ondermyn. Ons sal nie huiwer om op te tree teen diegene wat die wette oortree nie, ”het Nxumalo gesê.

LEES OOK: Bekende advokaat se vrou in hof na sy skietdood Vrydagaand

LEES OOK: Bekende advokaat geskiet, 60-jarige vrou verskyn in hof

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *