KYK: Weermag op patrollie in Alexandra

KwaZulu-Natal het teen Dinsdagoggend reeds meer as R1 miljard se skade gely.

KYK: Weermag op patrollie in Alexandra

KYK: Weermag op patrollie in Alexandra

Die weermag is tans op patrollie in Alexandra in Gauteng waar plundery en gewelddadige betogings aan die gang is.

Klik hier om na die video te kyk.

President Cyril Ramaphosa het Maandagaand in sy toespraak gesê die weermaglede word ontplooi om die polisie by te staan.

Minstens 45 persone is teen Dinsdagmiddag dood weens onluste in KwaZulu-Natal.

KwaZulu-Natal het teen Dinsdagoggend reeds meer as R1 miljard se skade gely weens plundering en geweld in dié provinsie.

Onluste het verlede Vrydag in die provinsie begin ná oudpresident Jacob Zuma in hegtenis geneem is en het Sondag na Gauteng versprei.

Kyk hier na videos.

President Cyril Ramaphosa het Maandagaand in sy toespraak aan Suid-Afrika gesê diegene wat hul skuldig maak aan plundering en geweld sál vervolg word.

Die weermag is ook ontplooi om die polisie by te staan.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *