Branderplankryer vanoggend deur haai aangeval

Daar word berig ooggetuies het eers gedink hy het van sy branderplank afgeval.

Blanderplankryer vanoggend deur haai aangeval

Blanderplankryer vanoggend deur haai aangeval Foto: Novinite.com

OOS-KAAP. – Strande in die Kouga-munisipaliteit was gesluit nadat ‘n branderplankryer vanoggend deur ‘n haai op Jeffreysbaai aangeval is.

Die branderplankryer (38) het saam met ‘n groep ander ryers vanoggend om 07:07 by the Point in Jefferysbaai branderplank gery. Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) sê die man is uit die water gehaal en paramedici het hom dadelik op die toneel behandel. Volgens die NSRI het hy bytmerke aan sy regterbeen en bolyf gehad.

Branderplankryer herstel in hospitaal

Daar word berig ooggetuies het eers gedink hy het van sy branderplank afgeval, waarna hy daarin geslaag het om weer op sy bord te klim. Hy is toe daarna uit die water gehelp.

“Die man is in ‘n stabiele toestand na ‘n hospitaal geneem waar hy aansterk.”

NSRI waarsku branderplankryers om versigtig te wees wanneer hulle in die water is.

LEES OOK: Brandstoftekort dalk SA se voorland indien onluste voortduur

LEES OOK: KYK: Polisie keer mense wat Kimberley-bottelstoor ‘wil plunder’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *