KYK: Chaos in KZN na hof Zuma se aansoek weier

Deel hierdie storie / Share this story

Chaos heers tans in KZN waar betogers onder andere klipgooi, bande brand en vragmotors aan die brand steek na die hooggeregshof oudpres. Jacob Zuma se aansoek Vrydag geweier het.

Ten minste 25 trokke is teen Saterdagoggend aan die brand gesteek op die N3 naby Mooirivier in KwaZulu-Natal. Verskeie paaie in die gebied is ook afgesper vir verkeer.

Die chaos en betogings in KZN het uitgebreek na die hooggeregshof in Pietermaritzburg oudpresident Jacob Zuma se aansoek Vrydag van die hand gewys het. Lees die vorige berig hier. Duduzile Zuma, Zuma se dogter, het op Twitter gesê die betogers is ondersteuners van haar pa.

“Daar was ook verslae van geweerskote, bande wat aan die brand gesteek is en klipgooiery in die gebied. Wetstoepassers doen wat hulle kan om die situasie onder beheer te bring en kalmte in die gebied te verseker,” sê Thania Dhoogra, bedryfsbestuurder by die N3-tolkonsessie.

Lees ook: Amptenaar vas oor foto’s van Zuma in die tronk

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.