Ondersoek oor video van geen personeel in Covid-19-saal

Deel hierdie storie / Share this story

Die departement van gesondheid in die Noord-Kaap het ‘n ondersoek geloods oor ‘n video van ‘n pasiënt wat, sonder enige mediese personeel in sig, in ‘n hospitaalbed in die Covid-19-waaksaal op De Aar lê.

Anthony van Syfer het Saterdagoggend om 07:50 ‘n video geneem van sy pa, Willie van Syfer (75) wat in die Covid-19-saal van die hospitaal in ‘n bed lê.

Volgens Anthony kon sy pa niks vir homself doen nie en is dié video geneem ongeveer ‘n uur ná die hospitaalpersoneel se skof om 07:00 begin het.

Kyk hier na die video.

Sy pa is om 14:00 oorlede en die nagpersoneel het om ongeveer 07:15 vir Anthony gesê dat hulle vervoer vir hulle wag en dat hulle nie meer by die hospitaal kon bly nie.

Ondersoek oor video

Verder het Majaha gesê die departement beskou die saak in ‘n ernstige lig en dat hy sy bevindings na die ondersoek bekend sal maak.

Lebogang Majaha, woordvoerder van die gesondheidsdepartement in die Noord-Kaap, sê ‘n span van die departement het reeds Willie se familie se familie besoek om hul medelye te betoon.

Lees ook: Jong ma en baba sterf aan Covid-19

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.