Zuma se inhegtenisname ‘n ‘hartseer oomblik’, sê Cyril

Deel hierdie storie / Share this story

President Cyril Ramaphosa het die stilte verbreek oor oudpresident Jacob Zuma se inhegtenisname en dit ‘n “hartseer oomblik” in die geskiedenis van die ANC beskryf.

President Ramaphosa het Vrydag tydens n virtuele vergadering gesê baie mense is baie ontsteld daaroor.

“Ten spyte van ons siening oor die konstitusionele hof se besluit en die geskiktheid daarvan, voel baie in ons beweging en die wyer gemeenskap die pyn,” het hy gesê.

Zuma is Woensdagaand in hegtenis geneem na die hoogste hof hom skuldig bevind het aan minagting van die hof en hom tot 15 maande tronkstraf gevonnis het.

Hy is in die Estcourt-gevangenis opgesluit en FiND iT het voorheen berig amptenare sê hy sal “dieselfde” behandel word as ander gevangenes.

“Ons moet sensitief wees vir die werklike hartseer wat sommiges binne en buite ons organisasie mag ervaar,” het Ramaphosa gesê.

Lees ook: Chaos in KZN na hof Zuma se aansoek weier

Lees ook: Jong ma en baba sterf aan Covid-19

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.