‘n Amptenaar van die departement van korrektiewe dienste is amptelik geskors ná hy foto’s van Zuma in die tronk geneem en versprei het.
Foto’s van Zuma wat by die Estcourt-gevangenis in KwaZulu-Natal is, het soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei.
Die departement van korrektiewe dienste het mense gevra om nie die foto’s op sosiale media te deel nie.
Zuma is Woensdagaand kort voor middernag by sy woning in Nkandla weggeneem en het sy vonnis van 15 maande aan die Estcourt-gevangenis begin.
Die ampternaar het die foto’s van Zuma glo met ‘n uitsaaier gedeel en die departement sê hy sal die betrokke organisasies nader vir verdere stappe.
Lees ook: Zuma sal ‘dieselfde’ hanteer word as ander gevangenes
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



