Die hooggeregshof in Pietermaritzburg het Vrydag oudpresident Jacob Zuma se aansoek van die hand gewys.
Zuma het by die hof aansoek gedoen vir die tersydestelling van die lasbrief vir sy arrestasie wat die konstitusionele hof uitgereik het.
Oudpres. Zuma het Donderdag sy vonnis van 15 maande in die Estcourt-gevangenis in KwaZulu-Natal begin uitdien.
Intussen is daar berigte van verskeie optogte en betogings wat in KwaZulu-Natal aan die gang is. Daar was selfs sprake dat Zuma-ondersteuners ‘n suikerrietplantasie in KZN aan die brand gesteek het.
Die verkeer in KZN word ook op verskeie plekke ontwrig.



